Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vineyards ryg drieë in

Vineyards ryg drieë in
 
2005-05-26


ALDRIE spanne van Vineyards Rugbyklub het Saterdag met welslae vir Peninsula in Muizenberg geklop.

Vineyards se eerste span het ’n oortuigende oorwinning van 42-13 behaal en in die proses sewe drieë gedruk.

Die feit dat slegs een hiervan deur ’n agterspeler gedruk is, getuig hoe die besoekers voorlangs oorheers het.

Vineyards was nie net alleen dominant in die skrums nie, maar die goeie spel van Thamir Moerat (slot) in die lynstane het ook verseker dat die besoekers hier baie besit gekry het.

Dit was veral die losvoorspelers wat oral opgeduik het, met Adam Moerat (2, agsteman), en die flanke Wasfie Nackerdien en Zahir Chippendale wat drieë druk.

Hul beweeglikheid om die skrum en die goeie skakeling van Anwar Dalvie (skrumskakel) en Adli Moerat (losskakel) het Peninsula se verdediging behoorlik getoets.

Ander driedrukkers was Nijaaz Abrahams (vleuel), Hein Pretorius (stut) en Zahied Dalvie (slot). John Koopman het met twee doelskoppe en ’n strafskop geslaag.

Die tweede en derde span wen 25-6 en 29-12.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za