Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Is jy dalk 'n slaaf van drank of dwelms?

Is jy dalk 'n slaaf van drank of dwelms?
 
2007-06-21


DAAR word bereken dat ongeveer 10% tot 33% van volwassenes ly aan ’n alkohol-afhanklikheidsprobleem.

“Dit beteken elke tiende tot derde persoon wie by jou verbyloop of -ry moontlik onder die invloed van drank of dwelms kan wees.”

So sê die voorsitter van die Christelike Afhanklikheidsdiens (CAD) in die Paarl, Christo Jacobs.

Die CAD is daarop gemik om mense te help wat ’n verslawingsprobleem het, en hanteer dit uit ’n Christelike raamwerk.

Jacobs sê die verslaafde is inderwaarheid die slaaf van ’n middel en die organisasie probeer sulke mense help.

“Dit maak nie saak waaraan ’n persoon verslaaf is nie, dit kan wees alkohol, dwelms, dobbel of tot te veel eet.”

Die CAD vergader elke Maandagaand om 19:30 by die NG Kerk Paarlvallei in die klein saaltjie agter die kerk (hoek van Bothastraat).

Almal is welkom en kan Jacobs skakel by 082-256-5006 vir meer besonderhede.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za