Koppie vir KANSA
2007-06-21
HOEKOM verander jy nie jou volgende personeelvergadering, teeparty, klubsamekoms of sosiale byeenkoms in ’n Koppie wat omgee nie?
Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) doen ’n beroep op Suid-Afrikaners om ’n Koppie vir Kansa in jou huis, klub, skool, kinderpartytjie of werkplek aan te bied, ten einde bewusmaking te versprei en fondse in te samel vir dienste.
“Koppie vir KANSA” is ’n wonderlike geleentheid vir Suid-Afrikaners om bymekaar te kom oor ’n koppie tee, koffie, sop en sjerrie, warm sjokolade of drankie van voorkeur om te wys jy gee om vir kankerpasiënte.
’n Braai, sokkie, konsert, dinee of enige ander unieke idee is ook welkom.
Kansa se pasiëntesorgdienste sluit in die bestuur van tussen tuistes in die hoof-metropolitaanse gebiede vir uitstedige pasiënte met beperkte middele wat lewensnoodsaaklike behandeling benodig.
Pasiënte word voorsien van weg-van-huis akkommodasie, voedsame maaltye asook vervoer na en van behandelingsentrums vir die duur van hul verblyf, wat tot agt weke kan wees.
Die nasionale prys vir die individu wat die meeste fondse vir ’n enkele Koppie insamel, is ’n R1 000 inkopiebewys van Shoprite Checkers.
Die top drie individuele Koppie-gasvroue in elke provinsie sal ook elk 'n prys wen.
Om te registreer as 'n Koppie vir KANSA gasvrou/heer, skakel Alta Falck op 082-9728-745 of e-pos fundboland@cansa.org.za of Gerda Prent by Kansa se kantoor (023) 342-7058 of faks 032-347-1933.
More
News
|