Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bejaardes gesellig saam

Bejaardes gesellig saam
 
2007-06-21


BY die Oase Dienssentrum in Noorder-Paarl kan bejaardes en gestremdes wat nog op hul eie in die gemeenskap funksioneer, lekker gesellig verkeer.

Die Dienssentrum, ‘n diensvertakking van Afrikaanse Christelike Vrouevereniging (ACVV) Paarl-Vallei, is reeds vir bykans 20 jaar betrokke by dienslewering aan bejaardes in die gemeenskap noord van Pleinstraat, Paarl.

Dienste wat deur Oase aangebied word sluit in etes, vervoer, bloeddrukmeting, fiksheidklasse, voete- en skoonheidskliniek. Oase het baie uitstappies en sosiale verkeer volgens ‘n maandelikse program.

Daar is ook ‘n haarsalon op die perseel en ‘n biblioteekdiens besoek hulle weekliks en weeklikse bidure word gehou. Daar is ook ‘n sanggroep wat gereeld optree.

Tuisversorging soos benodig is beskikbaar. Daar is ook huishulpdiense, looprame en ‘n hospitaalbed teen betaling van ‘n donasie. Ledegelde is jaarliks betaalbaar vir dienste gelewer volgens ‘n glyskaal.

Aangesien die staatsubsidie heeltemal onvoldoende is, is die sentrum aangewese op donasies en fondsinsamelings deur komiteelede en vrywilligers.

Alle ouetehuisaansoeke word deur die maatskaplike werkers van ACVV Paarl-Vallei hanteer.

Indien u betrokke will raak, kontak die kantoor soggens by 021-871-1518 of faks 021-871-1516.

‘n Soortgelyke diens is beskikbaar by Huis Vergenoegd se dienssentrum, tel 021-870-3302.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za