Son skyn op vertoning
2007-06-21
DIE eenmanvertoning, ’n Venster vol Son, is 15 Augustus te sien in die Ou Meulteater in die Paarl.
Die vertoning deur Marianne Kitching is gebaseer op die briewe van Alexa Kirsten van Wellington en aangepas vir die verhoog deur mede-Wel-lingtonner Winnie Rust.
Alexa is wreed aangerand toe sy vir Lisbé Smuts-Smith te hulp gesnel het toe sy op 7 Februarie 2005 in haar geskiedkundige woning Twist Niet op Wellington vermoor is.
“’n Venster vol Son” het as tema die helingsproses van die brawe buurvrou, Alexa.
Kaartjies was met elke vertoning nog uitverkoop, en nou het Paarliete die geleentheid om die sielvolle werk te ervaar.
Instansies wat ’n Venster vol Son in kerke of klein teaters wil inisieer, kan met Marianne in verbinding tree by 021-864-5241 of 083-564-2041.
More
News
|