Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Avonturier reis weer na eetplek

Avonturier reis weer na eetplek
 
2007-06-21


SO gewild was die onlangse aand met die bekende avonturier en skrywer van die Paarl, Johan Bakkes, by die Laborie Restaurant, dat reëlings getref is vir ’n tweede kuier.

Bakkes sal weer op 15 Augustus die gaste prikkel met sy avontuurlike en soms lewensgevaarlike reisondervindings terwyl gaste aansit vir wildsvleis- en afvalgeregte, kaggelvuur, reisstories en goeie wyn.

Bakkes is pas terug van ’n reis deur Siberië en China.

Hy neem die gaste saam op ’n toer deur woestyne, ysgletsers, -20grade op 4000 meter bo seespieël, +50 grade 120 meter onder seespieël, ’n gesukkel met 16 motorfietse in Kaokoland, per trein deur die Sahara- en die Gobi-woestyne en dan ook oor lewensreise.

Bakkes gee klas aan die Universiteit van Wes-Kaapland, wanneer hy nie met rugsak en 4x4 Afrika of die wêreld invaar nie.

Kaartjies kos R120. Bespreek by Lizelle 021-807-3093/5.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za