Boland-atlete in Elite-groep
2007-06-21
VIER Bolanders is verlede Vrydag by Atletiek Suid-Afrika se Elite-groep ingesluit wat vir ’n maand in Duitsland gaan voorberei vir die Afrika-spele in Algerië en die węreldkampioenkap in Osaka (Japan) later vanjaar.
Janice Josephs, Robert Oosthuizen, Tihanna Vorster en die afrigter Wilfred Daniels het gister saam met 30 ander van SA se voorste atlete na Europa vertrek waar hulle in Potsdam (basiskamp) sal bly en oefen tot die Afrika-spele 16 Julie in Algiers begin.
Die 34 atlete is geďdentifiseer as rolspelers in die bevordering van atletiek en as aanspraakmakers op medaljes by die Olimpiese Spele in 2008 en 2012.
Die voordeel van die basiskamp blyk die “huis weg van die huis” atmosfeer te wees. Atlete kan met minder bagasie en groter gemak in- en uitvlieg vir kompetisies met ’n ondersteuningsgroep wat hul “tuis” weer inwag om vertonings te ontleed en te verbeter.
Goeie vertonings sal natuurlik ook die gees onder atlete en SA span in geheel bevorder.
Die węreldkampioenskap begin 25 Augustus by die Nagai-stadion in Osaka en sal tot 2 September duur.
More
News
|