Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Netbalfees dié naweek op Stellenbosch

Netbalfees dié naweek op Stellenbosch
 
2005-05-26


DIE jaarlikse Suidelike Netbaltoernooi vind môre en Saterdag in die DF Malansentrum van die Universiteit Stellenbosch plaas.

Die naweek beloof om goeie gehalte netbal op te lewer, met die Tornado’s en die Thunderbirds streekspanne wat ook Vrydag om 19:00 mekaar die stryd sal aansê.

Saterdag se hoogtepunt is die wedstryd tussen die A-spanne van die Boland en WP wat om 14:00 sal begin.

Altesaam 24 spanne van Boland, Sentraal-Boland, Swartland, WP, Hantam, SWD en SAPD sal aan die toernooi deelneem.

Die SA graderings van skeidsregters sal ook tydens die toernooi gedoen word.

* Die laaste proewe van die Boland-netbalspan is onlangs gehou.

Die onderskeie Boland-spanne is: (Boland A) Christine Markgraaff, Linda Geldenhuys, Anel Mostert, Karen le Roux, Rose Wolmarans, Ilke Pilaar, Rihanna Steenkamp, Zsa-Zsa Temmers, Natasha Theron en Wency Katjatako. (Boland B) Marnel van der Merwe, Lizl Anthonissen, Marinda Vermeulen, Anelle le Roux, Erica Windvogel, Evette Joseph, Nicolene Martin, Evelyn Julius, Hylletje Lotter, Corneli Ferreira. (Boland o.21) Michelle Segal, Leanie Kleynhans, Aletta Esterhuyse, Inge Hendrikse, Jill Hendriks, Ilke Pilaar, Zsa-Zsa Temmers, Deidré Gerstner, Andrea Steyn, Wency Katjatako. (Boland o.19) Mari Klopper, Lienke Perold, Samantha Cyster, Margaret Prins, Monique Theron, Loren Whitten, Nomi Mhlanga, Yolanda Klaassen, Zita Seymore, Heloïse Vollgraaff. (Boland Jnr A) Sulette Lange, Sonet Jordaan, Jennie van der Walt, Christeli le Roux, Petro Rossouw, Coralie Rossouw, Janecke Carstens. (Boland Jnr B) Maryke Nel, Ronel Finger, Chantelle Hall, Annelie Koekemoer, Liesl Lambrechts, Yvette Riddles, Angelique Stevens, Marli du Plessis.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za