Sportdag vol aksie
2007-06-21
DIE Ou Apostoliese Kerk het die afgelope naweek ’n sportdag by die Faurestraat-stadion aangebied waar spanne van die Boland en Westelike Provinsie teen mekaar kragte gemeet het.
Senior en junior spanne het netbal en rugby teen mekaar gespeel en die wedstryde is gekenmerk met goeie sportmanskap en -gees.
Die Boland A rugbyspan het naelskraap met 15-13 verloor terwyl die B span ook net-net met 7-5 verloor het.
Die derde span het egter beter gevaar en WP 17-12 geklop.
Boland se o.16 spannetjie het ook goed gevaar en hul kragmeting 21-12 gewen.
By die netbal het Boland nie so goed gevaar nie. Boland A het met 31-11 pak gekry terwyl Boland B 15-7 verloor het.
Die junior A en B spanne moes die knie buig nadat hulle onderskeidelik 14-4 en 16-2 geklop is.
More
News
|