Vrag medaljes en rekord vir SA swemmers
2007-06-21
“AS ’n mens jou inspan om met die talente wat jy het net die heel beste te doen en te gee, kan niks in jou pad staan nie.” Betty-Lou Miller (31) en Lindy Nupen (26) van Sunfield Wellington leef hierdie woorde elke dag ten volle uit.
Dié twee sterswemmers het vroeër hierdie maand aan die Down Sindroom Wêreldkampioenskap in Teipei (Taiwan) gaan deelneem waar hulle swaar gedra het aan die vrag medaljes wat hulle daar verower het.
Betty-Lou het twee goue en een silwer losgeswem terwyl Lindy een goud en drie silwer medaljes teruggebring het. Bo en behalwe dié prestasies het Lindy ook die SA Down Sindroom-rekord in die 25m rugslag verbeter.
Betty-Lou en Lindy, wat afgerig word deur Lynette Emslie, se tuiste is Sunfield Wellington, 'n beskermde werkswinkel en tehuis vir verstandelik gestremde volwassenes. Inwoners hier word gedurende die dag konstruktief besig gehou met ’n verskeidenheid van werks- en opvoedkundige aktiwiteite. Hulle word ook aangemoedig om deel te neem aan sport om sodoende 'n gebalanseerde leefstyl aan te moedig.
More
News
|