Bainskloof Ultra dié naweek
2007-06-21
DIE eerste Bainskloof Ultramarathon vind Saterdag op Wellington plaas. Hierdie 84,4km wedloop begin om 06:00 by die sportvelde van Hoërskool Hugenote.
Die roete lei deur Bainskloof tot by Slanghoek en terug.
Daar sal ook ’n halfmarathon (21km) tot bo-op Bainskloof en ’n 6km pretdraf om die Perdeskoen aangebied word. Die halfmarathon begin om 08:00, ook vanaf Hoërskool Hugenote.
Die feit dat daar geen marathons tussen Mei en Augustus in die Kaap plaasvind nie, en die Comrades vir die meeste atlete te ver is om by te woon, het die behoefte aan ’n groot wedloop geskep.
Die Bainskloof Ultramarathon is in die lewe geroep deur dieselfde organiseerders wat die Safari halfmarathon begin en ontwikkel het.
* Bainskloofpas sal Saterdag gesluit wees vir die wedloop.
More
News
|