Gevangenes maak geskiedenis met rugby
2007-06-21
VERLEDE Donderdagaand is die eerste aandwedstryd deur ‘n rugbyspan van Drakenstein-gevangenis op die gevangenisterrein gespeel, in gietende reën.
Drakenstein se Medium A-span wat eersdaags gaan toer, het uitgedraf teen Hillcrest United van Wellington in hierdie geskiedkundige wedstryd - ‘n eerste vir Korrektiewe Dienste.
Dié span het in September in George gaan deelneem aan die Bongani Gxilishe Sanlam-toernooi nadat hulle die ander bevelsareas in die Wes-Kaap geklop het.
Hulle gaan in September hul titel verdedig tydens die toernooi wat vanjaar in Umtata gespeel word.
Die Drakensteinspan het hulle harte uitgespeel en sommer in die eerste minute gaan druk. Daarna het hulle voortgestoom en ‘n rustydtelling van 15-5 verseker.
In die tweede helfte het hulle nog ‘n drie gedruk en ‘n strafskop oorgesit. Die Wellingtonners het teruggekom en die gevonnisdes met drie drieë geslaan om die die telling gelykop te maak.
Drakenstein se gevangenespan het net-net in die laaste oomblikke met 22-20 verloor.
More
News
|