Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Streekspan beďndruk ondanks nederlaag

Streekspan beďndruk ondanks nederlaag
 
2007-06-21


DIE nuwe Paarl Streekspan het verlede Vrydag baie mense verras met ’n sterk vertoning teen Tygerberg (WP Superliga A) in hul eerste vriendskaplike wedstryd by die Faurestraat-stadion.

Alhoewel die tuisspan 15-0 verloor het, het die besoekers hard geswoeg om punte aan te teken en kon eers in die tweede helfte hul rekening oopmaak.

Die verdediging van die Paarliete in die eerste helfte was sterk.

Logiese samespel het egter by die streekspan ontbreek en die tweedefase-balbesit was ook nie na wense nie.

Die streekspan is ook gekniehalter deur die feit dat hul skoppers nie met enige pogings kon slaag nie.

Verder het die afrigters van die streekspan alle spelers speelkans gegee wat die ritme gehinder het.

Die o.20 span het uitstekend gevaar en hul teenstander met 10-8 geklop.

Ten spyte van twee geelkaarte het die junior streekspan met hul talent gewys dat hulle vir niemand terugstaan nie.

Calvigil Fortuin het die tuisspan se enigste drie gedruk wat deur David Pick verdoel is. Justin van Schoor het met een strafdoel geslaag.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za