Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boland opge-Dollie vir Vrystaat

Boland opge-Dollie vir Vrystaat
 
2007-06-21

Jacques Rossouw

DIE rugbyspan van Boland kom môre in hul eerste Curriebekerwedstryd teen Vrystaat te staan op Vodacom-park in Bloemfontein met 'n nuwe losskakel.

“Die insluiting van die opwindende Isma-eel Dollie op losskakel behoort vir ons ’n positiewe inspuiting te wees," het die nuwe afrigter van die Boland gesę.

“Ons is baie opgewonde dat hy nou in die span is.

"Sy vaardighede en talent sal ’n nuwe dimensie aan die agterlyn bring aangesien hy alreeds rugby op ’n hoë vlak gespeel het.

Die spelers en bestuur blyk opgewonde te wees oor hul bevordering na die land se premier-rugbykompetisie en is daarop uit om ’n punt te bewys, veral in die nasleep van die Fidentia-fiasko.

Davids het vandeesweek bevestig dat die voorbereiding vir die eerste Curriebekerwedstryd goed verloop het.

“Ons het die afgelope tyd aan nuwe idees gewerk wat ons teen Vrystaat gaan uittoets, maar ek wil nie voor die tyd te veel hieroor uitbrei nie.

“Ons wag nog om te sien oor twee ligte beserings van Henley du Plessis (flank) en Andries Human (stut). Hulle is voorlopig by die begin-vyftien ingesluit.”

Davids het ook bygevoeg dat Boland klein verstellings sal aanbring van wedstryd tot wedstryd, afhangende van teen wie hulle op ’n spesifieke naweek te staan gaan kom.

Die Bolandspan vir môre se wedstryd teen die Vrystaat om 18:00 is: 15. Renfred Dazel, 14. John Daniëls, 13. Piet van Zyl, 12. Hennie Daniller, 11. Jongikhaya Nokwe, 10. Isma-eel Dollie, 9. JP Joubert, 8. Francois Prinsloo, 7. Henley du Plessis, 6. Zolani Mofu, 5. Coenie Basson, 4. Randall Julies, 3. Andries Human, 2. Conrad Burke (kaptein) en 1. Janro van Niekerk.

Plaasvervangers: 16. Pieter Wium, 17. Ruaan du Preez, 18. Gert Schoombee, 19. Angelo Brinkhuys, 20. Dewald Duvenhage, 21. Lionel Cornelius en 22. Antonius Verhoeven.

* Boland speel volgende Saterdag teen Westelike Provinsie by Boland-stadion. Kaartjies sal vanaf Maandag beskikbaar wees by die stadion of Paarl Sport. Sitplek op die hoofpawiljoen is R50 en gewone kaartjies is R30.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za