Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Jeugparlement in Paarl byeen

Jeugparlement in Paarl byeen
 
2007-06-21


WOENSDAG het jeugdiges van oor die hele Wes-Kaap, insluitend afgevaardigdes van die provinsie se eie Jeugparlement, in die Huguenot Gemeenskapsaal saamgetrek ter viering van Jeugdag.

“Die jeug kan nie die leiers van die land blameer as hulle ’n immorele lewe lei en hulle blootstel aan die gevare van HIV/Vigs nie. As julle as die Jeug die toekoms vir julself wil opeis, dan moet julle nee sê vir misdaad,” het Shaun Byneveldt, die Speaker in die Wes-Kaapse Parlement, gesê.

Vroegoggend het die afgevaardigdes aan ’n seminaar deelgeneem oor ekonomiese geleenthede, dwelms en dwelmhandel en vaardigheidsontwikkeling. Daar is ook gepraat oor skolegeweld.

“Julle moet nie probeer om iemand anders te wil wees nie, ook nie om anders te lewe as jul eie bekende en goeie leefwyse nie en julle moet dié wat jonger as julle is beskerm om jul eie toekoms te beveilig,” het hy onder applous gesê.

Byneveldt het dit veral beklemtoon dat jeugdiges moet wegbly van dwelms, tienerswangerskap moet vermy en bendes en bendegeweld moet afskryf.

"Jeugdige bendelede leef gewoonlik nie veel langer as 25 jaar nie as gevolg van ’n lewe van geweld en misdaad. Hierdie dinge, net soos HIV/Vigs, maak dood,” het hy gesê.

Hy het gesê die jeug van vandag is deel van hul verlede. Daar is ouers wat as deel van die nalatenskap van apartheid, nie weet waar hulle kinders begrawe is nie. Hulle het vryheid agtergelaat wat nou deur die jeug geniet kan word.

Die dag is afgesluit met sang en dans.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za