Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Agri Megaweek kom

Agri Megaweek kom
 
2007-06-21


DIE Agri Megaweek van 2006 het ‘n ekspo aangebied wat 20 000m² uitstallings opgelewer het. Vanjaar vind hierdie gewilde en prominente landbou-ekspo weer plaas van 29 Augustus tot 1 September op Agri Megapark in Bredasdorp.

Vanjaar se program is weer vol hoogtepunte met die fokus op die kleingraanbedryf en sy volle spektrum van landbouvertakkinge.

Nuwe tegnologie, bestuursinligting en ander waardetoevoegende bydraes word gelewer en sal sigbaar wees by die demonstrasies van landboumasjinerie en implemente, suiwel-, skaap-, wol en vleisbeesaanbiedinge en uitstallings.

Agri Megaweek plaas die fokus op demonstratiewe aktiwiteite en is dus ‘n lewendige ekspo waar besoekers gekonfronteer word met “so maak mens!”

Landboumasjinerie en implemente word volgens ‘n geskeduleerde program daagliks gedemonstreer, maar elke uitstallerdeelnemer het ook die geleentheid om spesifieke demo’s volgens spesifieke behoeftes gedurende die ekspo aan te bied.

Besoekende produsente kry dus die geleentheid om behoeftegerigte waarnemings te doen.

Die vee-program het weer vanjaar sy eie hoogtepunte soos die Kaaplandse Jerseykampioenskap, skaapskeer, suiwelbeesveilings, en algemene veedemonstrasies.

Nuwe toevoegings vanjaar is die Kaaplandse Ayreshire Kampioenskap, die Mega Inter-vleisraskampioene by beeste, Wes-Kaapse pluimveeskou, asook ‘n gediversifiseerde perdeprogram met heelwat perde-aktiwiteite en vertonings.

‘n Trekkerdrywerkompetisie en 4x4 opleidingsessies wat oop is vir deelname deur die publiek word ook aangebied. Navrae by 028-424-2890 of besoek www.agrimega.co.za.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za