Boland voor met atletiek-talent
2005-05-26
DIE Boland maak die grootste deel uit van die Wes-Kaapse atletiekspan wat in September aan die SA Jeugspele in Durban gaan deelneem.
Die Boland het 30 atlete in die span van 65 wat onlangs deur die Wes-Kaapse Departement van Sport gekies is. Die WP het 27 atlete in die span en die SWD agt.
Die atlete se insluiting is gegrond op hul prestasies tydens vanjaar se Wes-Kaapse Skolekampioenskappe, SA Skolekampioenskappe en die SA Jeug en Junior Kampioenskappe.
Aangesien dié byeenkoms op ontwikkeling fokus, mag atlete slegs aan een item deelneem en mag atlete wat voorheen vir Suid-Afrika by ’n Wêreldkampioenskap verteenwoordig het, nie aan die Spele deelneem nie.
Dit is om dié rede dat die Boland atlete Keenan Watson, Dewayne Moeries, Louw Smit en Wenda Theron, wat in die SA Jeugspan opgeneem is en in Julie aan die Wêreld Jeugkampioenskappe in Marokko gaan deelneem, onttrek is van die Wes-Kaapse span.
Dié vier atlete sal ná hul terugkeer uit Marokko onmiddellik begin voorberei vir die Wêreld Junior Kampioenskappe wat in Julie 2006 in Beijing, China sal plaasvind.
Dié vier sal saam met die 30 atlete van die SA Jeugspele-span deur die Boland Sentrum van Uitnementheid in samewerking met die Wes-Kaapse Akademie vir Sport voorberei word vir die 2012 Olimpiese Spele.
Die Boland atlete in die SA Jeugspele-span is Dayne Lekay (100m), Wilhelm van der Vyver (200m), Gueron Kulsen (200m), Chatlin Smith (400m) Wilfred Cookson (400m), Louis Pienaar (800m), Marcelino Davids (1500m), Henrico Rooi (2000m Hw), Henco Nienaber (ps), Gerhard du Plessis (ps), Victor Hogan (dg), Heinrich Gonzales (hg), Jean Rossouw (hg), Femie Kitshoff (sg), Lorenzo Blaauw (10000mS), Grant Rosenberg (10000mS), Stacey Gardiner (100m), Celeste Rietels (100m), Nicky Horn (200m), Tina April (800m), Claudia Beukes (1500m), Talita Lombaard (100mH), Charia du Toit (400mH), Ilse Liebenberg (vs), Rachelle Persons (ds), Nicola Loots (ps), Liné Barnard (gs), Felecia Mars (gs), Jo-Ann Williams (10000mS), Mariska Coetzee (10000mS).
Die drie Bolanders Roy Abrahams, Melani Dirkse en Brendon du Plessis is as die spanbestuurders aangewys.
More
News
|