Taxigeld moet verhoog
2007-06-21
EK stem saam met Anti-virus dat party van die taxi’s soos doodskiste is, ek meen vrot - maar hoekom? Dit is omdat mense soos hy nie die verhoogde tarief aan die “virus” wil betaal nie.
Die taxi-bedryf was genoodsaak om ons tarief op te stoot, nie net as gevolg van die petrolprysstyging nie maar ook weens bedryfsonkoste.
Wat betref die 10km-rit na Wellington, moet ek noem dat taxi’s op hierdie roete meer geld maak as mense wat Paarlse taxi’s vanaf Amstelhof na die stasie of dorp ry.
As ’n rit uit die dorp na Amstelhof aangepak word, sit almal bankvas tot bo, maar Wellington se passasiers klim op en af. So maak hy meer geld as die Paarlse taxi.
Ek gee toe dat die prysverhoging iets van ’n kort kennisgewing was vir sommige pendelaars, maar hulle was na ’n dag of twee almal tevrede.
Veilige rit aan al ons tevrede passasiers.
Tony April
More
News
|