Kuier in die kombuistuin
2007-06-28
DIE gebruik en aanwend van kruie en blomme in geregte vir die tafel word Vrydag 17 Augustus in Kikka, die bekende kuier-restaurant in die Paarl, gedemonstreer.
Die oggend word deur die Paarl Tuinbouvereniging gereël.
Eienaar Abe Conradie, een van die omgewing se hoog-aangeskrewe chefs, sal demonstreer hoe geregte met die gebruik van kruie en blomme opgekikker word.
Blomkunstenaar Tanya Marais gaan rangskikkings en geskenke met blomme en kruie uit die tuin demonstreer.
Kaartjies teen R120 vir lede (R135 nie-lede) sluit benewens die demonstrasies, ook glühwein in by aankoms om 09:30 vir 10:00, en ’n drie-gang ete.
Slegs ’n beperkte aantal kaartjies is vir die tuinboufunksie beskikbaar.
Die afsnydatum vir bespreking is Maandag 13 Augustus.
Vir besprekings skakel Martha Roux by 021-863-1479 of Trucia O’Grady by 021-872-8101 en 082-393-1840.
More
News
|