Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Festen op die planke

Festen op die planke
 
2007-06-28


PAARLIET Johann Nel is een van veertien akteurs wat onder die bekwame hand van bekroonde regisseur Heinrich Reisenhofer optree in die treffertoneelstuk “Festen” in die Kunstekaap-teater van 17 tot 22 Julie.

Die vertaalde stuk van David Eldridge kom regstreeks van suksesvolle speelvakke in die West End en Broadway en het ’n Kanna-toekenning gewen by die KKNK.

Die stuk is gebaseer op die film en toneelstuk Dogme, deur Thomas Vinterberg, Morgens Rukov en Bo Hansen.

Die Afrikaans vertaling en verwerking is deur Hennie van Greunen.

Benewens Nel tree Stian Bam, Johan Botha, Ilse Schmidt, Neil Sandilands, Lorraine Burger, Nina Swart, Marty Kintu, Pedro Kruger, Liandé Valentyn, Ruan Burger Deon Lotz, Chris Fourie en Celeste Loots daarin op. Kaartjies is R85 by Computicket.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za