Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Alabama besoek die Paarl

Alabama besoek die Paarl
 
2007-06-28


ALABAMA, die bekende studentegeselskap van die Noordwes Universiteit se Potchefstroom-kampus, bied op 4 Julie hul gewilde vertoning in die Paarl aan by die Laerskool Noord-Eind om 19:30.

Die vierstuk-orkes en die ongeveer 18 sangers en dansers bied ’n groot aantal bekende gunstelinge aan, soos Night Fever, Staying Alive, Quando Quando, Tiger en Louise en vele meer.

Die musiek bestaan uit ’n mengsel van solo-duet-, en groepsang. Die style sluit ook in a capella-musiek en “vocal-jazz”. Hulle is bekend vir hul afgeronde vertonings en CDs.

Groot name in die vermaaklikheidswęreld het hul vroeë musiekervarings in Alabama beleef. Onder hulle is Johan van Rensburg van “Noot vir Noot”-faam, Rina Hugo, Helene Bester en Karen Hougaardt.

Vier Paarlse kerke het saamgespan om Alabama se vertoning in die Paarl te help aanbied. Hulle is die NG Kerke Drakenstein, Strooidakkerk, Paarlberg, en die Gereformeerde Kerk Paarl.

Die kerke sal die wins aanwend vir die bediening van Danny Arendse van Paarl-Oos.

Die gemeentes en Musiklood verkoop die kaartjies teen R40.

Skakel Rika by 021-872-3863, 021-913-9433 of 082-777-7599.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za