Hoekom dié besluit?
2005-05-26
’n MENS kan jouself maar net afvra met betrekking tot die motiewe vir die besluitneming van die Drakenstein munisipale raad om hul eiendom vir halfprys te verkoop aan hul eie amptenare. Belastingbetalers het met skok kennis geneem van ‘n kennisgewing van die verkoop van munisipale eiendomme wat gepubliseer was op 19 Mei in die Paarl Post. Drie eiendomme ter waarde van naby ‘n miljoen rand elk word sonder tender toegesê aan individue vir so min as R202 500 elk. Sulke besluite sonder oop tenders, smaak al te veel na baantjies vir boeties. Moet die pryse nie minstens markverwant wees nie? ‘n Mens sou nie graag dié soort van bevoegdheid op ‘n bestuur duld met nadelige gevolge vir die publiek nie - wat van die verlies vir die munisipale balansstaat? Besware moet by die munisipale bestuurder ingedien word teen 17 Junie.
Paarliet
More
News
|