Wagenmakers rol oor Doolhof
2007-06-28
TWEE landelike sone-rugbyklubs van Wellington het onlangs hul jaarlikse derby gespeel.
Dié kragmeting tussen Wagenmakersvallei en Doolhof Warriors is ’n groot geleentheid op die spelers en toeskouers se kalender en sorg altyd vir groot opwinding.
Die wedstryd was van die begin af oorheers deur die Wagenmakers-span wat vyf drieë teenoor die een van Doolhof Warriors gedruk.
Perciwill Williams (2), Selvin Mintoor, Channon Samuels en Kelvin Williams het Wagenmakers se drieë aangeteken om die wedstryd met 28-8 te beklink. Jacques Cupido is aangewys as die speler van die wedstryd.
More
News
|