Violets neem wraak teen Allandale
2007-06-28
DIE span van Violets Rugbyklub het die afgelope naweek hul spelpeil gelig om Allandale met 21-3 te klop.
Allandale het sleg op hul neuse gekyk nadat Violets hulle met goeie rugby oorweldig het.
Violets het gedurende die eerste helfte teen ’n sterk wind gespeel, maar het sy man gestaan in dié positiewe wedstryd.
Die Violets-agterlyn, veral Roger Uren, Dorian Isaacs en Garby Hendricks, moet uitgesonder word vir hul uitmuntende spel.
Hamly Marquid (2) en Timmy Nolan het die drieë vir Violets gedruk met Ronwan Anderson wat met twee doelskoppe geslaag het. Nolan is ook as die speler van die wedstryd aangewys.
* Violets II het hul wedstryd 12-0 gewen terwyl Violets III met 27-0 geseëvier het.
More
News
|