Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


CPUT oorleef stryd

CPUT oorleef stryd
 
2007-06-28


DIE eerste rugbyspan van CPUT (Wellington Kampus) het die afgelope naweek onder uiters moeilike omstandighede met 27-13 teen Langebaan geseëvier.

Bo en behalwe die weersomstandighede moes die studente van Wellington nog huishou met geniepsige, vuil spel.

“Die wen was daar, maar onder die omstandighede was dit nie baie lekker gewees nie,” het van die spelers gesê.

“Hulle het ons in die losskrums gebyt en gekrap en hul vingers in ons oë gedruk. Een van die spelers moes ’n klem-in-die-kaak inspuiting kry.”

Ten spyte van die onreëlmatigheid het die CPUT-spelers besluit om deur te druk en die oorwinning te verseker.

Jaco Strydom (2), Gerrie Kok en Christoff Janse van Rensburg het drieë gedruk.

Kok het ook met twee doel- en een strafskop geslaag.

CPUT II het hul wedstryd 19-0 gewen terwyl CPUT III met 56-5 geseëvier het.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za