Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl atleet sy rolstoel kwyt

Paarl atleet sy rolstoel kwyt
 
2007-06-28


DIE Suid-Afrikaanse węreldkampioen-rolstoelatleet, Ernst van Dyk, het Maandag teruggekeer van Amerika nadat sy bagasie en renstoel glo deur die lugredery SAA verlę is.

Van Dyk het Dinsdag bevestig dat sy klere en toerusting op ’n vlug van New York na Kaapstad op die Kaapse lughawe agtergebly het.

“SAA doen tans alles in hul vermoë om my bagasie en toerusting terug te kry en hopelik sal daar ook gekyk word na vergoeding.”

Van Dyk sal noodgedwonge vyf byeenkomste moet misloop as gevolg van dié blaps en verloor ongeveer 30% van sy jaarlikse inkomste hierdeur.

Die wedlope wat Van Dyk gaan mis, is die Long Island 10km in New York, die Cedartown 5km in Georgia, die Meet in the Heat en die Peach Tree 10km (altwee in Atlanta) en die 1500m Exhibition Race in Osaka (Japan) waar die top tien ryers in die węreld bepaal gaan word.

Wat die randwaarde van die verliese betref, het Van Dyk gesę dit is moeilik om te bepaal: “Dit is toerusting, bagasie, vliegtuigkaartjies en verblyf. Dit is ongeveer R150 000 waarvan ons praat.”



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za