Tienerseuns in hof
2007-06-28
DIE twee tienerseuns wat van moord op ’n vragmotorbestuurder aangekla word, het vandeesweek in die Paarl Streekhof verskyn.
Michael Tukwayo (45) van Kaapstad is dood toe ’n klip vanaf die De Zoete Inval-brug geslinger is.
Die klip het deur die voorruit gebars en hom hard teen die bors getref. Hy is op slag dood.
’n Intensiewe soektog is dadelik ná die voorval geloods vir die skuldiges.
Na ’n deur-tot-deur soektog in De Zoete Inval is twee 15-jarige seuns van dié woonbuurt in hegtenis geneem en aangekla.
Een is in graad agt in Rawsonville en die ander in graad nege in die Paarl.
Volgens ’n regsgeleerde sal die aanklaer en die prokureurs nou onderhandel oor die moontlikheid dat die klag van moord verander word na strafbare manslag.
Nog ’n gerug is dat hierdie besluit onderworpe sal wees aan skulderkenning deur die seun wat verantwoordelik was vir die gooi van die klip. Die saak is uitgestel tot 25 Julie.
* Nog ’n skoolseun het ook vandeesweek ’n draai by die hof gemaak, dié keer vir ’n bomdreigement.
Dit spruit uit ’n voorval verlede maand toe daar ’n bomdreigement gemaak is aan Hoër Landbouskool Boland.
Die skool is ontruim en met die aankoms van die polisie en die honde-eenheid het ’n 17-jarige leerder by die skoolhoof gebieg dat hy verantwoordelik was vir die oproep.
Die hof en maatskaplike dienste sal nou besluit op gemeenskapsdiens wat die seun tydens die skoolvakansie sal moet verrig as straf.
* Three teenage boys appeared in court this past week on charges ranging from murder to making bomb threats.
More
News
|