Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skryf in vir plaastoekennings

Skryf in vir plaastoekennings
 
2007-06-28


PRODUSENTE en plaaswerkers in die wyn- en vrugtebedryf kan nou inskryf vir die Farm Health Awards Program vir 2007.

Die toekennings het ten doel om ‘n omvattende evaluering te doen na die sosio-ekonomiese toestande op plase en die nakoming van gesonde arbeidspraktyke, asook om erkenning te verleen aan beide plaaswerkers en produsente vir hul bydrae tot sosiale opheffing van hul plaaswerker gemeenskappe.

‘n Plaaswerker van die Jaar sal weereens aangewys word om erkenning te gee vir uitsonderlike bydraes wat ‘n plaaswerker maak tot die sosiale opheffing van sy/haar eie gemeenskap en om as ‘n rolmodel vir ander plaasgemeenskappe te dien.

Verlede jaar het daar 118 plase aan die program deelgeneem en pryse gewen vir sosiale opheffing, gesonde arbeidspraktyke en swart ekonomiese bemagtiging.

Alle inligting betreffende die assessering word vertroulik gehanteer en soos gewoonlik word deelnemers van ‘n verslag voorsien waarin die bevindings van die assessering en aanbevelings vir moontlike regstellende ingrypings vervat is.

Kontak Rudnet se kantoor by 021-883-8016, info@rudnet.org.za of admin@rudnet.org.za.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za