Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Fietse is 'n gevaar op ons paaie

Fietse is 'n gevaar op ons paaie
 
2007-06-28


EK skryf hierdie brief na aanleiding van ‘n ongeluk wat Saterdag 23 Junie ongeveer 19:30 plaasgevind het in Paarl Hoofstraat oorkant Novel Ford.

‘n Honda Civic het weggetrek uit ‘n parkering voor Cape To Rio Fisheries. Skielik het daar ‘n fiets deur die lug getrek en ‘n beseerde man het op die grond gelê. Die Honda het blykbaar in die fietsryer vasgery.

Daar het ‘n seuntjie nadergekom wat vermoedelik ook op die fiets was. Die fiets het op die grond gelê sonder ‘n teken van ‘n lig.

Ek glo nie dat dit vir die bestuurder van die Honda moontlik kon gewees het om die fiets te sien aankom nie. Dit was al lankal donker en die fiets was op geen manier duidelik sigbaar nie.

Wie sal aanspreeklik wees as die fietsryer sterf en wie is aanspreeklik vir die voertuig se skade?

Ek voel fietsryers hoort nie op openbare paaie na sonsondergang nie. ‘n Fietsryer kan nie staat maak op die hoofligte van ‘n motor nie.

Ek sal graag wil hê dat alle verbruikers van openbare paaie dieselfde verkeersreëls moet gehoorsaam. Dit moet fietsryers ook insluit.

Voertuigbestuurders moet uitkyk vir fietsryers wat die paaie gebruik, maar ek sien oral dat fietse oor rooi verkeersligte ry en nie vyf sekondes stilhou by ‘n stop-teken nie.

Die ergste van alles is dat jy hulle nie kan uitken as hulle foute begaan nie, want hulle het geen registrasienommers nie.

As ‘n voertuigbestuurder voor ‘n fiets inry en daar is ‘n botsing, is dit ‘n groot oortreding vir die voertuigbestuurder.

Maar ‘n mens kan niks doen as ‘n fietsryer ‘n fout begaan nie. Dit lyk my daar is geen reëls vir fietsryers en die meeste van hulle dra nie eens veiligheidshelms nie.

M de Kock



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za