Fasiliteitsraad vir hospitaal
2005-05-26
MET die instelling van die nuwe Hospitaal Fasiliteitsraad Wet, is ’n nuwe raad vir Paarl Hospitaal in die lewe geroep.
Fasiliteitsraadslede, wat tweemaandeliks vergader, dien op die raad sonder enige vergoeding en ploeg op dié manier tyd en energie terug in die gemeenskap.
Die raad dien as skakel tussen die gemeenskap en die hospitaalbestuur, neem kennis van klagtes uit die gemeenskap en besoek Paarl Hospitaal-groep se fasiliteite vir inspeksie.
Inrigtings wat onder die raad val, is onder meer Paarl Hospitaal, TC Newman Daghospitaal, RFF-kliniek en Hugo Rust-kliniek op Wellington.
Daar is op die oomblik ’n vakature op die raad en mense wat in gemeenskapsorganisasies dien, kan aansoek doen.
Die nodige aansoekvorms is beskikbaar by André Cornelissen, tel 872-1711 x2205.
More
News
|