Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dodelik gewond

Dodelik gewond
 
2007-07-05


‘n VRAGMOTORBESTUURDER van Wellington is Woensdagaand in sy motorhuis dood kort nadat hy sy vuurwapen gaan skoonmaak het.

Jerome Botha (49) van Naidoosingel, Vanwyksvlei, is deur sy vrou Leonora, met 'n enkele skoot in die voorkop gevind.

Hy het vroeër die aand aan sy vrou gesê dat hy sy vuurwapen, 'n 9mm pistool, moet skoonmaak.

Botha, 'n vragmotorbestuurder by Auto Carriers, het onlangs sy kommer uitgespreek oor sy veiligheid wanneer hy lang afstande op die pad moet aandurf vir sy werk.

Hy het volgens 'n familielid onlangs 'n noue ontkoming in Kwazulu-Natal gehad toe hy deur vermeende kapers aangeval is.

Hierna het hy besluit dat hy sy vuurwapen byderhand moet hê wanneer hy gaan werk.

Wapen-skoonmaaktoerusting is op die toneel gevind en sy gesin glo dat hy in 'n fratsongeluk gesterf het.

Botha word oorleef deur sy vrou en kinders Randy, Liezel en Lauren.

Die begrafnis word Sondag vanuit die huis gehou om 11:00, gevolg deur 'n diens in die Millenium-saal, Pniel, om 13:00.

* A Wellington man was killed by a shot from his own gun.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za