Gewelddadig
2007-07-05
TWEE mans is in afsonderlike voorvalle dood toe hulle met messe gesteek is.
Saterdagaand het twee mans na bewering in ’n bakleiery betrokke geraak in Abrahamstraat, Groenheuwel. Albei mans is met messe gesteek, waarna Joniekel Adams (28) op die toneel dood is.
Die verdagte is na die Paarl Hospitaal geneem met ernstige steekwonde.
* Vrydagaand is ’n man in C-blok, Mbekweni, dood gevind met steekwonde in sy bors en rug. Niemand is tot dusver hiermee in hegtenis geneem nie.
More
News
|