Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Moordverdagte voor oor dagga

Moordverdagte voor oor dagga
 
2007-07-05


EEN van die drie verdagtes van die driedubbele moord onlangs in Chicago, moes weer in die hof verskyn nadat daar glo dagga in sy sel gevind is.

Clinton Petersen (25), Jonathen Scheepers (39) en Jeffrey Steyn (29) het verlede Vrydag weer in die Paarlse Landdroshof verskyn op aanklag van moord op Neugene Kulsen, Willem Vermeulen en Donovan Moos.

Die slagoffers is vermoedelik afgemaai nadat Scheepers en Kulsen ’n stryery gehad het oor ’n elektriese koord.

Die drie mans is geskiet terwyl hulle kaart gespeel het in ’n opslaanhuis in Bosbokstraat.

Die polisie ondersoek ook die moontlikheid van bendebetrokkenheid by die moorde.

Na Vrydag se hofverskyning van die drie verdagtes, moes Petersen weer voor die hof verskyn, dié keer vir die besit van dagga.

Beide sake is uitgestel tot 5 Julie.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za