Gru-ongeluk by tonnel
2007-07-05
TWEE mense het die afgelope naweek hul lewens op plaaslike paaie verloor.
Sondagoggend is 地 vrou in 地 gru-ongeluk op die N1 dood, toe haar man, Randall Meyer, vermoedelik beheer oor hul voertuig verloor het.
Volgens ooggetuies het die Ford Escort vanuit Kaapstad verskeie keer oor die pad geswaai voordat dit teen 地 aankomende bakkie beland het.
Reddingswerkers het lank gespook om die liggaam van Charmaine Meyer uit die wrak te sny. Randall is in 地 ernstige toestand na die Tygerberg Hospitaal geneem.
Volgens lede van die provinsiale verkeersowerhede was die bestuurder van die voertuig ongelisensieerd.
* 'n Voetganger is ook Sondagoggend op die N1, naby Klapmuts, doodgery.
Die man van ongeveer 55 jaar oud se lyk is eers later die oggend tussen die bosse gevind.
Die polisie op Klapmuts vra die hulp van die publiek om die man se identiteit vas te stel, asook vir inligting in verband met die ongeluk.
Insp Brian Crozier kan geskakel word by 021-875-5555 of 084-462-1938.
* In nog 地 ongeluk het vier jong mans Saterdagaand in Daljosafat 地 noue ontkoming gehad toe daar beheer verloor is oor die voertuig waarin hulle gery het.
Die motor het gerol en Craig Korabie (23), Erryl Ockhuis (24), Ashley Winter (17) en Mario April (21) is lig beseer. Die bestuurder van die voertuig se bloed is getoets vir die alkohol inhoud en 地 saak van roekelose bestuur word ondersoek.
* Two people died on the N1 in different accidents on Sunday.
More
News
|