Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


OD verslaan ANC

OD verslaan ANC
 
2007-07-05


DIE OD het verlede week die ANC met meer as 100 stemme verslaan met die tussenverkiesing in Amstelhof (Wyk 27) in die Paarl.

Die OD het 727 stemme gekry, die ANC 611, die DA 334 en die ACDP 276 stemme. Die twee onafhanklike kandidate, Paul Arendse en Jerome September, het onderskeidelik 16 en 13 stemme gewen.

Daar het 10% (172) meer mense gestem by die tussenverkiesing (1 977) as verlede jaar se 1 805.

Dit is die vierde wyk wat die OD nou in Drakenstein ingepalm het.

Dit het gebeur twee maande nadat die DA beheer oorgeneem het by die ANC in die Drakenstein Raad saam met hul veelparty vennote wat insluit die OD, ACDP en die Vryheidsfront Plus.

Die OD verteenwoordig nou 11 setels uit die 61 raadslede.

Ten spyte van die feit dat die ANC nog die grootste party in die Raad is, is hul raadslede met een verminder, wat hulle nou bring op 25 lede uit 61 raadslede. Die DA het 20 raadslede.

Die ACDP kandidaat Reggie Hendricks het dié party se steun met 88% verhoog tot 276 van verlede jaar se 45 stemme.

Verlede Woensdagaand het OD ondersteuners, die nuwe raadslid Conrad Poole en OD leier Patricia de Lille gesing en gedans van vreugde op die stoep van die stadsaal met die bekendmaking van die uitslae.

De Lille het baie emosioneel voorgekom oor haar party se oorwinning, wat natuurlik vir dié party ’n groter magsbasis gee in die veelpartyvennootskap.

Die OD het tot laat die aand hul oorwinning gevier en deur die strate gery, musiek gemaak en gesing.

Poole, tot onlangs fabriekstoesighouer by BAT, skryf sy oorwinning toe aan die feit dat hy gebore en getoë is in Amstelhof en dus ’n bekende in die gemeenskap is.

“Net soos met die vorige raadslid, wyle Sienah Saaiman (ANC), gaan dit vir my oor die welsyn van die gemeenskap.”

Die Drakenstein stadsraad se speaker, Billy Ross (OD), meen die ANC se planne om in September met die oorloopperiode weer die oorhand in die Raad te kry, is met hierdie uitslag gekelder. Minstens ses raadslede moet nou oorloop voordat die koalisie beheer verloorl
“Dit is die begin van ’n nuwe era. Die publiek se denkwyse omtrent politieke partye het verander,” is Ross se mening.

In verlede jaar se verkiesing het die ANC met 777 stemme gewen teenoor die ID se 559 stemme. Die DA het 333 stemme getrek.

'n Teleurgestelde Arhob Petersen van die ANC het die OD geluk gewens met hul oorwinning, hoewel hy sy bedenkinge uitgespreek het oor die inhoud van sommige pamflette teen die ANC wat die OD vooraf versprei het.

* The ID won the by-election in Ward 27 (Amstelhof) in Paarl, previously held by the ANC, and increased its number of town councillors to 11.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za