Geen goeie voorbeeld
2007-07-05
GRAAG wil ek my misnoeë uitspreek met die gebruik van ‘n selfoon agter die stuur deur ‘n verkeersbeampte van Drakenstein Munisipaliteit.
Op Sondag 24 Junie het ek langs die Bergrivier Boulevard gery en ‘n verkeersbeampte verbygesteek.
Ek het opgelet dat hy met sy selfoon besig was terwyl hy bestuur so asof dit wettig is.
En sowaar kan jy glo, ek ken die beampte. Wel, ek gaan hom persoonlik aanspreek. Jammer ouens, wees maar voorbeelde anders gaan julle pak kry.
More
News
|