Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Was hierdie staking regtig sinvol?

Was hierdie staking regtig sinvol?
 
2007-07-05


GRAAG wil ek my kommer uitspreek oor die afgelope maand se stakings. Ek moet erken dat die salarisse waarmee die staatsdienswerkers tevrede moet wees beslis ‘n skande is.

Ek weet nie wat die oplossing is nie, maar hulle bekla nou hul lot by Cosatu en daar maak hulle hul eerste fout.

Daar moet besef word dat Cosatu betaal word deur hierdie onderbetaalde mense. Hulle moet ‘n sekere persentasie (ek verstaan dis 1%) van hul salaris afstaan om lid te wees van Cosatu.

Vir drie weke het hulle nou gestaak om ‘n salarisverhoging van 6% na 7,5% te bewerkstellig.

Kom ons maak ‘n klein sommetjie. Veronderstel een van hierdie lede, Mnr Hardewerker, verdien maandeliks R4 000.

Nou was daar ‘n staking van drie weke. Mnr Hardewerker sal dus R1000 vir die maand betaal word.

Die ironie van die saak is dat alle voltydse werknemers van Cosatu wat hierdie wegbly-aksie gereël het, volle betaling vir hierdie periode ontvang.

Mnr Hardewerker het ‘n verhoogde verhoging van 1,5% (van 6% tot 7,5%) gekry. Dit beteken dat hy in werklikheid R60 per maand meer as die oorspronklike verhoging sal verdien.

Om hierdie verlore R3000 in te haal sal hom dus 4,17 jaar (R3000 gedeel deur R60 = 50 maande) neem.

Wat kan ek uit hierdie sommetjie leer?

Die antwoord is eenvoudig. Cosatu het die arme Mnr Hardewerker en sy kollegas gebruik om vir hulself ‘n addisionele 1,5% salarisverhoging te bewerkstellig.

Hulle het geensins hierdie onderbetaalde lede in ag geneem met hierdie aksie nie.

In die stakingstyd is baie werkers geteister en dit alles net sodat Cosatu as die enigste wenner uit die arena kan stap.

Die Staatsdiens het baie verloor en so ook die leerders, pasiënte en dan ook nog Mnr Hardewerker en sy kollegas.

Wel, indien ek miskien iets miskyk, wil ek graag reggehelp word.

Ondersteuner van staatsdienswerkers



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za