Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Seniors kuier lekker saam

Seniors kuier lekker saam
 
2007-07-05


INTERESSANTE uitstappies en daaglikse aktiwiteite word vir inwoners van Huis Vergenoegd in die Paarl gereël.

Maar dit is nie slegs inwoners van die tehuis vir bejaardes wat kan meedoen aan die aktiwiteite van die dienssentrum gereël deur organiseerder Lydia Corbett nie.

Enigiemand in die Paarl bo 60 jaar kan aansluit en so deel in die plesier.

Middagetes vir lede is beskikbaar vir tussen R16 en R25 - ook Sondae, vir gaste, asook wegneemetes. Bespreek by 021-870-3306.

Fiksheidsklasse word Vrydae 09:30 tot 10:15 by die tehuis aangebied en Maandae tot Saterdae kom die snoekerklub daar byeen. Skakel 021-870-3326 met navrae.

Die Paarl biblioteek bied alternatiewe Dinsdae ’n boekdiens by Huis Vergenoegd terwyl DVD-vertonings Saterdae gehou word (021-872-5446).

Gebottel, gebak en eetgoed word weekliks by ’n Vrydagmarkie van 09:00 tot 10:30 verkoop.

Woensdagoggende word daar ’n bloeddrukkliniek aangebied, van Dinsdag tot Saterdag is ’n haarsalon oop (021-870-3305) en alternatiewe Maandae word ’n voetekliniek gehou (021-807-3306).

Seker die heel interessantste is die uitstappies wat deur Lydia gereël word.

Hierdie maand se uitstappie na Citrusdal is reeds volbespreek. Indien daar nog baie belangstelling is, kan daar dalk later weer ’n dagreis gereël word na die warmbronne, ’n sitrusplaas en ’n bergplaas waar met “blushing brides” geboer word.

In Augustus gaan lede Tygervallei asook Wellington besoek en in September sal die reisigers die vordering van die nuwe Skuifraamdam in die Bergrivier buite Franschhoek sien.

Kontak Lydia by 021-870-3304.

Aansluitingsvorms is verkrygbaar by Lydia by Hoofstraat 188, Paarl. Ledegeld is R50 per jaar (R90 per egpaar).

* All Paarl’s senior citizens can join in the daily activities at Huis Vergenoegd in Main Street, as well as the tours to interesting places and events.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za