Boerepatente gesoek
2007-07-05
OMNIA bied vanjaar twee Boerepatentekompetisies in vennootskap met Agri Mega aan met groot pryse.
Die eerste kompetisie se inskrywings sal tydens vanjaar se Agri Megaweek op Agri Megapark in Bredasdorp beoordeel en ten toon gestel word.
Die tweede kompetisie vind plaas saam met vanjaar se Overberg Vrugte- en Wynekspo van 11 Oktober tot 13 Oktober in Villiersdorp. Hierdie kompetisies is oop vir deelname en alhoewel die inskrywings gefokus is op patente wat in die landbou aanwendbaar is, kan enige persoon wie sy talent hierin wil benut inskryf.
Tradisioneel het Omnia hierdie kompetisie in vier kategorieë aangebied, naamlik Gereedskap, Gemodifiseerde landboutoerusting,- Algemene toerusting, en Huishoudelike toerusting.
Vanjaar word ‘n nuwe ope kategorie geskep, naamlik ‘n ope kategorie vir skoolgaande jeug. Skole word aangemoedig om hierdie geleentheid by leerders bekend te stel en ook deelname aan te moedig. Leerders kan ook in groepe inskryf en deelneem.
Die kompetisies vind plaas op 31 Augustus by Bredasdorp en 12 Oktober op Villiersdorp.
Skakel met Hanno Smit by 021-975-2040 of 083-283-8312. Inskrywings is gratis.
More
News
|