Kelders blink uit met terroir wyne
2007-07-05
TWEE plaaslike wynkelders het vanjaar uitgeblink by die tweede jaarlikse SA Terroir Wyntoekennings.
Nasionale sertifikate is toegeken aan Doolhof Signatures Pinotage 2005 (Top Pinotage) uit die Wellington wyk en Franschhoek Cellar Reserve Petit Verdot 2005 (Top Petit Verdot) uit die Franschhoek wyk.
In die kategorieë vir die beste wyne uit die distrikte en wyke, waaruit die nasionale wenners in die tweede ronde gekeur word, het die Bottelary en Wellington wyke na vore getree as prima terreine in hul distrikte.
Ses van die wenners in die Paarl distrik is uit die Wellington wyk. Die wyne is blind geproe by Elsenburg Landboukollege en die paneel het bestaan uit fynproewers met jare se ervaring van al die wyne uit die verskillende distrikte.
Hulle is Charl Theron (lektor in wyn en wynproe en paneellid van die Wyn- en Spiritusraad), Christine Rudman (Kaapse Wynmeester), Brenda van Niekerk (keldermeester), Pierre Marais (wynkonsultant en voorheen keldermeester van die Bergkelder) en Clive Torr (Kaapse Wynmeester en wynmaker).
“Omdat alles gaan oor terroir, die internasionale term vir terrein, word die wyne beoordeel op grond van gehalte gekombineerd met eiesoortige eienskappe soos geskep deur die grond en klimaat in die spesifieke gebied.
Benewens die nasionale SA Terroir Wyntoekennings, word die top wyne in die verskillende kategorieë ook aangewys.
Plaaslike uitblinkers in hul streek is Bovlei Special Reserve 2005 (Top Rooi Versnit), Bovlei Merlot Special Reserve 2005 (Top Merlot), Doolhof Signatures Pinotage 2005 (Top Pinotage), Doolhof Signatures Shiraz 2005 (Top Shiraz), Doolhof Signatures Sauvignon Blanc 2007 (Top Sauvignon Blanc), Franschhoek Cellar Reserve Petit Verdot 2005 (Top Petit Verdot/Top Rooiwyn), Franschhoek Cellar Reserve Semillon 2005 (Top Semillon/Top Witwyn), Hildenbrand Semillon Noble Late Harvest 2006 (Top Dessert Wine), Nelson Estate Chardonnay 2005 (Top Chardonnay).
More
News
|