Hillcrest skraap net-net deur
2007-07-05
DIE span van Hillcrest United Rugbyklub het die afgelope naweek ’n harde stryd teen Wolseley gehad om naelskraap met 19-17 te wen.
Wolseley het altesaam drie drieë gedruk waarvan een verdoel, is terwyl Hillcrest slegs een gedruk het.
Hillcrest is gered deur die een skep-, een doel- en drie strafskoppe wat deur Conroy Gertse deur die pale gejaag is.
Adam Arendse het Hillcrest se enigste drie gedruk.
Hillcrest II het 7-3 verloor terwyl Hillcrest III 0-0 gelykop geëindig het.
* Hillcrest United speel 14 Julie teen Ashton en kom 21 Julie teen Newton in ’n plaaslike derby te staan.
More
News
|