Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skeidsregters ontwrig wedstryde

Skeidsregters ontwrig wedstryde
 
2007-07-05


DIE eerste span van Albions Rugbyklub het die afgelope naweek ’n harde stryd tuis gehad om Elsiesrivier met een punt te klop.

Die tuisspan se vyftiental het karakter getoon om hul gedugte teenstanders uiteindelik met 20-19 te klop.

Dominic Daniëls het twee straf- en twee doelskoppe vir Albions oorgeskop terwyl Manfred Matjan en Gamainda Poggenpoel elk een drie gedruk het.

Albions II het hul kragmeting 8-0 verloor. Die wedstryd tussen die derde spanne het nie plaasgevind nie aangesien die skeidsregter nie opgedaag het vir die wedstryd nie.

* Riverstones Rugbyklub moes die afgelope naweek ook van hul wedstryde uitstel as gevolg van skeidsregters wat nie opgedaag het nie. Riverstones III het wel gespeel, maar die wedstryd voor die tyd gestop as gevolg van die weer.

Riverstones speel hierdie naweek weg teen Richmond Rangers. Vir inligting oor vervoer en kostes, skakel Charles Paulse by 082-563-4416.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za