Reënweer knou Young Peoples
2007-07-05
DIE Young Peoples Rugbyklub moes Saterdag op Stellenbosch in moeilike omstandighede diep delf om 'n 3-3 gelykop uitslag teen die span van Coronations af te dwing.
Die reën het hanteerwerk bemoeilik en die bal was hoofsaaklik onder die voorspelers gehou.
Die tuisspan het meer doelgerig gespeel en Peoples moes deurentyd keer om Coronations van hul doellyn af te hou.
Swak dissipline en hanteerwerk het verhoed dat Peoples enige momentum in die wedstryd kon bou, met Delwayne Cornelissen wat eers laat in die tweede helfte 'n strafdoel oorgeklits het om sake gelyk te maak.
Young Peoples III het 7-3 verloor en Young Peoples III het 3-0 verloor.
* Peoples speel Saterdag by Daljosafat teen Hamlets. Die klub bied ook 'n disko aan by Jeff's Pub ná die wedstryd om 20:00. Toegang is R10 per persoon.
More
News
|