Verkoopsverteenwoordiger
2007-07-05
PAARL POST Stem van Drakenstein - Voice of Drakenstein
Paarl Post gemeenskapskoerant vir Paarl, Wellington en Franschhoek benodig tans die dienste van'n dinamiese en gemotiveerde Verkoopsverteenwoordiger
Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir:
• Die inisiëring en daarstelling van advertensies in samewerking met die Advertensie-bestuurder. • Die stimulering van die mark deur inisiatief en laterale denke aan die dag te lê om nuwe geleenthede en inkomstebronne te identifiseer en te ontwikkel ten einde kliënte se advertensiebehoeftes te bevredig. • Die behaling en oorskryding van begrote omsetdoelwitte. • Op te tree as skakel vir klante en die ontwerp, opstel en plasing van advertensies.
Die ideale kandidaat word beskou as 'n persoon met uitmuntende verkoopsvaardighede wat met selfvertroue kan funksioneer in spanverband in 'n kompeterende markomgewing.
Voorts moet die suksesvolle kandidaat oor goeie kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede beskik en volkome Afrikaans en Engels magtig wees. Die geskikte kandidaat moet oor 'n geldige bestuurslisensie en 'n eie motor beskik.
Die maatskappy bied die suksesvolle kandidaat die geleentheid om sy/haar eie inkomste sonder 'n plafon te bepaal, met toegang tot die maatskappy se aftree- en siekefonds.
Belangstellendes word vriendelik versoek om 'n verkorte CV aan Ilsé Fourie te faks by 021-872-9280 of te e-pos na ads@paarlpost.co.za SLUITINGSDATUM: 11 Julie 2007.
(Neem asb. kennis dat indien u nie teen 27 Julie 2007 enige terugvoer ontvang het nie, u die aansoek as onsuksesvol moet beskou.) Paarl Post is onder geen verpligting om hierdie pos te vul nie.
More
News
|