Vioets blom weer
2007-07-12
VIOLETS het Saterdag seker gemaak dat hulle die wedstryd met 10-5 wen teen Young Ideas.
In die lynstane het Branden Anderson en Jeff Herklaas oorheers terwyl skrumskakel Ashley Raubenheimer die agttal onder beheer gehad het.
Die drie is gedruk deur kaptein Edwardo de Jager, met Ronwan Anderson wat geslaag het met ’n strafskop en ’n doelskop. Violets se tweede en derde spanne het met Young Ideas afgereken met 17-3 en 23-12.
Violets speel Saterdag teen Bishop Lavis. Die bus vertrek om 11:00 uit Groenheuwel. Die koste is R15 vir spelers (toeskouers R20).
Young Peoples het Saterdag die tweede ronde op ‘n hoë noot begin deur Hamlets met 20 – 17 te klop.
Young Peoples het eerste punte aangeteken toe Barry Williams gedruk het. Die agterlyn was deurgaans gevaarlik en na ‘n strafdoel deur Delwayne Cornelissen het die span gaan rus met ‘n 8–3 telling.
Na rustyd is flank Francois Julies oor vir sy drie. Manie Adams (speler van die wedstryd) het van sy eie kwartgebied deurgenael vir sy drie.
Vyf minute voor die einde het Hamlets egter ongedwonge foute van Young Peoples uitgebuit en twee drieë gedruk. Die tweede span verloor 14-17en die derde span verloor 6-12.
Young Peoples speel Saterdag teen Elsiesrivier. Die bus vertrek 11:00 uit Groenheuwel.
Die span van Albions Rugbyklub het Saterdag wipplank gery in hul wegwedstryd teen Stellenbosch Coronations, wat hulle 21-23 verloor het.
Albions se Jenovan Cornelissen het na rustyd sake omgedraai nadat hy ’n drie gedruk het wat deur Dominic Daniels verdoel is.
Die Paarliete het meer ritme gekry en nog ’n drie deur Christopher September bewerkstellig, maar Albions het die wedstryd deur hul vingers laat glip met onnodige foute.
* Albions 11 en Albions 111 het onderskeidelik met 10-15 en 5-10 die spit afgebyt. Hulle speel Saterdag tuis teen Belhar op die C Dalveld.
More
News
|