Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rivier af

Rivier af
 
2007-07-12


MEER as ‘n honderd vasberade kanovaarders het gister met die geklap van spane die eerste been van die 240km lange Bergrivier kanomarathon in die Paarl aangepak.

Die water het dreigend gewink, donker in die troebel lig en ongemaklik vlak.

Die deelnemers het gister 62km afgelê tot by die oornagstop by Zonquasdrift, waarvandaan hulle vanoggend die 45,7km na Bridgetown roei.

Môre begin deelnemers die langste seksie van die kompetisie.

Die 74,8km roete tot by Zoutkloof naby Hopefield behoort die koring van die kaf te skei vir die vierde dag se finale 56km tot by Velddrif.

Die eerste roeiers sal Saterdag teen 12:40 oor die eindpunt gly.

Die Bergrivier-marathon is vir die eerste keer in 1962 aangebied, met vroue wat in 1978 vir die eerste keer deelgeneem het.

Viermaal wenner, Hank MacGregor, het verlede jaar die marathon in 17:39:54 voltooi terwyl die vinnigste tyd in 2001 deur Graeme Solomon (12:36:43) opgestel is.

Die eerste drie roeiers was by die einde van die eerste skof gister kop aan kop. Met Hank MacGregor aan die spits (4:33:28), was Len Jenkins (4:33:29) tweede en op sy hakke, Lance King (4:33:30) o.21.

Die roeiers het dit gister beaam: “Die Berg is die langste en taaiste kanowedvaart in die wêreld.”



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za