Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Lizane bereik nuwe hoogtes

Lizane bereik nuwe hoogtes
 
2007-07-12


DIE jong muurbalster van die Paarl, Lizane Vlok, jaag haar opponente teen die mure uit.

Lizane (16), ’n Larrie, het verlede week haar plek as Suid-Afrika se nommer een o.19 junior vrouespeler oopgeslaan.

Tydens die o.19 interprovinsiale muurbaltoernooi, wat verlede week in Kaapstad besleg is, het Lizane slegs vier potte uit ’n totaal van 24 afgestaan.

Haar spel het oor die dae verbeter, met wenne teen die voorste spelers van Vrystaat (Christene Ferreira 3-1), Noord-Gauteng (Senade Haupt 3-1), Westelike Provinsie (Juanae Dumas 3-1), KZN (Ashton O’Neill 3-1), Zimbabwe (3-0), Oostelike Provinsie (Jane Herold 3-0) en die SA Platteland (Ananelle Brisch 3-0).

In die finale wedstryd het Lizane haar voorneme gestand gedoen om as oorwinnaar teen die nommer een gekeurde o.19 speler in Suid-Afrika, Cheyna Tucker van Gauteng, van die baan te kon stap.

Die drie stelle het sy gewen met 9/4, 9/3 en daarna 9/2.
Aan die einde van die toernooi is Lizane aangewys as nommer een van die toernooi.

Sy en haar medespelers in die Boland o.19 span het goud verower toe hulle afgereken het met Vrystaat en KwaZulu-Natal.

Lizane, Paarl muurbalklub se nommer een vrouespeler, het onlangs uitstekend gevaar toe sy as lid van die SA o.19 skolespan in Maleisië gespeel het.

Sy vertrek 26 Julie na Hong-Kong om as lid van die junior vroue SA muurbalspan aan die wêreldbyeenkoms deel te neem.

* Paarl’s number one junior woman squash player, Lizane Vlok, thrashed her SA counterparts last week.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za