Ondersteuning vir angs en depressie
2007-07-12
DIE volgende byeenkoms van die angs- en depressieondersteuningsgroep vind plaas op Maandag 16 Julie om 19:00 in die lesingslokaal van Sereno Kliniek, geleë op die eerste vloer van die Optenhospitaal gebou, in Berlynstraat, Paarl.
Die doel van die groep is om ondersteuning te bied aan persone van alle ouderdomsgroepe wat depressie en angs ervaar, persone in hul herstelfase en gesinslede wat ondersteuning bied.
Die onderwerp van bespreking is “Hanteer jou woede”.
Die ondersteuningsgroep word gefasiliteer deur Christo Visser, Sonja Labuscagne en Mientie Kroukamp. Vir navrae, skakel 021-872-7466.
More
News
|