Ou dae bekyk
2007-07-12
’n PRAATJIE oor “Leefstyl in die agtiende eeu” word Woensdag om 09:00 aangebied deur die Suider-Paarl VLV in die Afrikaanse Taalmuseum Historium.
Die kultuurhistorikus dr Mathilda Burden sal as spreker optree. Die oggend sluit ook verversings in, waarvoor ’n R5 donasie gevra sal word.
Bespreek by Ily Brown by 021-863-3685 of by Susan de Klerk by 021 872 5520.
More
News
|