Fokus op plaaswerkers
2007-07-12
DIE Agri Megaweek vanaf 29 Augustus tot 1 September op Bredasdorp bied weer vanjaar ‘n program vol nuttighede aan, ook vir die plaaswerker.
Benewens kursusse wat spesifiek vooraf en tydens Agri Megaweek vir plaaswerkers op Agri Mega Park aangebied word en deur FNB ondersteun word, is daar ook geleentheid vir aktiewe deelname in die program soos die Omnia Trekkerdrywerkompetisie, die BKB Skaaptelkompetisie, die Meadow Ontwikkelingskou in samewerking met Departement Landbou Wes-Kaap, die skaapskeerdemonstrasies en -kompetisie en ander aktiwiteite.
Die hoogtepunt is die aanbieding van die Sanlam Plaaswerker Konferensie op 29 Augustus in die Overberg Agri Opleidingsaal waar die fokus vanjaar is op “Die plaaswerker in Suid-Afrikaanse Landbou”.
By hierdie geleentheid neem top sprekers met aktuele onderwerpe deel en dit word afgesluit met ‘n ope bespreking. Joyene Isaacs, Hoof van Departement Landbou in die Wes-Kaap, sal die geleentheid as openingspreker afskop.
Ander sprekers is dr Dirk Troski, Hoof Landbou-Ekonoom van Departement Landbou Wes-Kaap, Danie Niemand, Direkteur Plaaswerkerontwikkeling van Departement Landbou Wes-Kaap, Pietie Galant, provinsiale wenner verlede jaar en Francois Grobbelaar van Fasfacts. Skakel 028-424-2890 vir navrae, of besoek ww.agrimetga.co.za.
More
News
|